Thursday, May 20, 2010

Lizelle Lötter

Waar begin ek! Lizelle is my flatmate (al vir die afgelope jaar en 'n half), vriendin, gym buddy, suster en een van die beste fotograwe in die wêreld! Gaan maak gerus 'n draai op haar website! Sy is die mooiste persoon van binne en buite! Ek dink nie ek het haar al ooit kwaad gesien nie:-) Lizelle het verlede jaar 'n shoot van my gedoen en dit is net reg dat ek vir haar ook een doen! Ek dink ons het altwee baie geleer op die shoot, ek oor fotografie en Lizelle oor hoe dit voel om voor die kamera te wees en nie agter hom nie! Baie dankie aan die wonderlike en beste Sebastine Pepler wat haar pragtige make-up en hare gedoen het! Sebastine, jy het my flatmate soos 'n model laat lyk :-) Dankie Zella vir al die geselsies, giggels, en al die koffies op die stoep! Ons gaan nog baie sports he, saam huil en saam lag, sien jy daai plek.........