Friday, February 19, 2010

Alriette, Janine & Salomé

Ek ken Salomé al 'n paar jaar, my broer is getroud met haar suster. Ons kom al deur baie goeie en snaakse tye saam en sy voel al soos 'n suster vir my. Sy en haar niggie, Alriette en 'n vriendin, Janine bly die jaar saam in 'n woonstel in Welgevonden Estate, Stellenbosch. Hulle het vir my gevra of ek nie fotos van hulle kan neem vir hulle nuwe woonstel nie.. Ek kon nie daai kans laat verby gaan nie, want ek het geweet dit kan net "fun" wees. En was dit nie. Die van julle wat hulle drie ken sal weet hoe lekker hulle kan lag. Dis altyd lekker om by hulle te gaan koffie (of 'n wyntjie) drink, jy word altyd met ope arms verwelkom en voel sommer dadelik tuis. Dankie julle 3 vir 'n lekker "shoot". Ek sien julle weer by ons volgende kuiertjie. xxx