Thursday, July 15, 2010

It's Ayoba time!!!

Dit is 2010 en dit beteken net een ding, FIFA World Cup!!!! Ek was so gelukkig om op die 24ste Junie saam met goeie vriende Groenpunt Stadion toe te gaan vir die wedstyd tussen Holland en Kamaroon. Dit was 'n ongelooflike gevoel! Ek het nog nooit soveel mense in Oranje bymekaar gesien nie! Ek ken nie veel van sokker af nie, ek het net geweet wat is 'n Vuvuzela en wie is David Becham en Cristiano Ronaldo, maar nou kan ek trots se ek is 'n sokker kenner, of soort van :-) Ek sien al klaar uit na die volgende Wereldbeker in Brazil! Ek is opgewonde om te kan se "ek was daar en dit was AYOBA"




My partners in crime Lizelle en Christine!



































Monday, June 28, 2010

Sneeu in die Karoo

Die fotos is geneem in die Prins Albert Distruk! Dit het gevoel my vingers vries af, maar dit was als die moeite werd. As kind wou ek nog altyd in die sneeu speel, en nou het ek my kans gehad :) en was dit nie lekker nie!





Thursday, May 20, 2010

Lizelle Lötter

Waar begin ek! Lizelle is my flatmate (al vir die afgelope jaar en 'n half), vriendin, gym buddy, suster en een van die beste fotograwe in die wêreld! Gaan maak gerus 'n draai op haar website! Sy is die mooiste persoon van binne en buite! Ek dink nie ek het haar al ooit kwaad gesien nie:-) Lizelle het verlede jaar 'n shoot van my gedoen en dit is net reg dat ek vir haar ook een doen! Ek dink ons het altwee baie geleer op die shoot, ek oor fotografie en Lizelle oor hoe dit voel om voor die kamera te wees en nie agter hom nie! Baie dankie aan die wonderlike en beste Sebastine Pepler wat haar pragtige make-up en hare gedoen het! Sebastine, jy het my flatmate soos 'n model laat lyk :-) Dankie Zella vir al die geselsies, giggels, en al die koffies op die stoep! Ons gaan nog baie sports he, saam huil en saam lag, sien jy daai plek.........